HOOR JY DIE STEM
Hoor jy die hartseerstem van n land
Opgebou in nasietrots deur bloed en sweet
Hoor jy die stem roep na vryheid
Aansporend agter die sweepklap op die ossewa
Hoor jy die stem van gelofte
Gelofte aan n Almagtige God by Bloedrivier
Hoor jy die rouklag in die stem
Na n oorlog wat n verbrande land in sak en as laat
Hoor jy die stem van n volk wat opstaan
Tot n trotse volk onafhanklik op eie bodem
Hoor jy die weeklaag in moederstemme
Oor seuns verloor in n bos oorlog
Hoor jy die stem van verraad
Wat n volk sy vryheid ontneem
Hoor jy n stem in pyn
Oor die heidense hand wat regeer.
Hoor jy my volk se stem wat roep om verlossing
Hoor jy n stem wat uitroep my God hoe lank nog
Hoe lank nog gaan ons neerdaal in as
Hoor jy n stem wat roep om verlossing, vertrap deur
hierdie heidense hand swaar op ons
Hoor jy die stem van my volk wat kreun onder n heidense hand, leegebloei, uitgemoor.
Kyk op na God my volk, glo en vertrou, ons verlossing sal kom soos met Israel van ouds
Hoor jy die stem van my vertrapte land Suid-Afrika
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek