
Maalkolk
donker gat van vrees
oor dit wat is en mag wees
die maalkolk wat meedoënloos draai
die swart gat van vergetelheid
wat jou insluk
ek net kan kyk
nie kan keer
jy tol al verder
weg van my
deur donker dieptes ingesleur
soos nog ‘n geboorte
van ‘n ander jy
leef jy in jou eie wêreld
vasgevang in ‘n maalkolk van nie wees
van nie verstaan
waar net jou spoke van more bestaan
ek jou nie kan bereik
net kan kyk na die raaisel in die spieël
wat om en om draai
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Jou gedig spreek van magteloosheid. Baie goed gedoen :-)