
Lewensreis
As die einde van die pad kom
draai die swerwer om
kyk terug na die sirkels en die draaie
van sy lewe se kronkelpaaie
die dronk wees
van jonk wees
sy spore van aan foeter
deur die lewe se geploeter
wegsink in moeras
van verwyte oor wat was
die nugter van die lewe
se stank hom omgewe
sy drome een vir een sterf
en hy droomloos bly swerf
sy hulpkreet na bo
om weer in iets glo
as die swerwer huis toe kom
weet hy sy Pa wag al lank op hom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.