Wedergeboorte
na ewigheid se eensaamheid
papie vasgevang in ‘n donker kokon
toegespin weg van die son
nou na newel nagte is dit eindelik tyd
goddelik gemetamorf is jy nou vry
nou moet jy voortbeur
jou uit die donker losskeur
jou sielsvlerke in Sy naam sprei
OPSTYG NA DIE LIG
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.