Bitter beker
Here my Here ek geknakte riet het al my kosbare skat aan die barre grond verpand die swart note gespeel ek het die woestyn se dros voel brand my dag was nag ek is uitgegiet op droë sand geknak geslyp verskeur beproef deur vuur verteer ek het mos al hier gestaan in die dal van […]
Ysterhout
deur die lewe se seer is die eie ek stuk vir stuk uit ysterhout gekap van niks tot iets nuttig en nuuts verby tydelikheid se verganklikheid het die Timmerman gekom my vas geanker aan Hom met die tou van ewigheid
Vaderhart
luister… deur al die eeue klink God se stem roep Sy vaderhart na my my kind waar is jy? ek sal opstaan en na my Vader gaan my oë dof my klere vol stof bring ek God die eer U het my alles gegee maar ek was blind wou nie sien het gevra vir meer […]
Branderplankryer
op die kruin van ‘n golf deel van ‘n groot geheel vra nie waar die brander gaan gee oor aan ‘n groter mag word so volkome vry om saam met die brander te ry Here, ek wil ook so vry wees my aan U oorgee dans op die deinings van die see maar telkens neem […]
Geknakte riet
ek geknakte riet nie gebreek as dolke weer en weer in my steek kan ek vir more lag in my swakheid lê Sy krag verneder en verniel maar ongeskonde bly my siel ek weet so seker as wat ek leef uit roet en as sal ‘n feniks sweef ek wat so baie kan verdra alles […]
Lewenspad
gelapte pad van wanhoop en hoop saamgeknoop om duiselingwekkende hoogtes gehalsnoer waar ek op genade loop my witrot doolhof pad van val en weer opstaan ‘n nimmereindigende labirint slingerpad van half-bestaan net Jesus kan my konkel-paaie gelykmaak kan my red van die kake van die dood van die afgrond wat oopbek lag wat op my […]
Rosyntjie moedertjie
rosyntjie moedertjie ‘n loot ingeënt In die Ware Wynstok Jou dartel geknip deur seerkry druiwekorrel van stingel geskei is sy gesuiwer deur God se pars gedruk tot helende sap helende hande hemelse geloof nederig in die grootheid van haar Maker was sy my ma vir my
Soos goeie wyn
ma, jy het ons kleintyd geleer om soos jy goeie wyn te wees nooit ons herkoms te ontken nie ons sterk tradisie te bly eer te weet ons is uit goeie stok voortgebring onopgesmuk, pretensieloos met karakter en integriteit goed gebalanseerd te wees vrug-hout-kombinasie goed geïntegreer hout nie te hard en vrug nie te sag […]
Stofberg – ń Lappie dorre aarde
Mamma was slegs vyftien die jongste skaars twee tussenin nóg sewe wat ouma kos moes gee. Oupa het haar nagelaat met nege monde om te voer op ń plaas wat smag na water moes sy alleen op boer. Soos die watervlak gedaal het het armoede gestyg met ń tweeskaar ploeg het sy deur wintersknou en somer […]
Tydelikheid
meet tydelikheid teen ewigheid se wig die dood se afskeid ons kers brand gou uit Sy lig verdryf donkerheid haat en verwyt vir ewig