Rosyntjie moedertjie
rosyntjie moedertjie
‘n loot ingeënt
In die Ware Wynstok
Jou dartel geknip
deur seerkry
druiwekorrel van stingel geskei
is sy gesuiwer
deur God se pars
gedruk
tot helende sap
helende hande
hemelse geloof
nederig in die grootheid
van haar Maker
was sy
my ma vir my
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.