Vaderhart
luister…
deur al die eeue klink God se stem
roep Sy vaderhart na my
my kind waar is jy?
ek sal opstaan
en na my Vader gaan
my oë dof my klere vol stof
bring ek God die eer
U het my alles gegee
maar ek was blind
wou nie sien
het gevra vir meer
wou my eie pad volg
na ‘n vêr plek
weg van U
het ek gedwaal
ek is alleen
in ‘n vêr land
‘n nikswerd vreemdeling
wil nou huis-toe kom
ek val voor u se voete neer
in die stof, modder en slyk
diep gegly
deur varke vertrap
tog U vergewe my
maak my U kind
van sonde vry
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.