Die vreugde van samesyn.
Die vreugde van samesyn. Samesyn kan gesien word as die warm tevrede gevoel om saam met ander mense te wees wat gemeenskaplike belangstellings deel. Om bloot net saam te wees in ʼn groep, verseker egter nie samesyn nie. Wanneer ons gedagtes en belangstellings met mekaar ooreenstem ontstaan daar ʼn gees van eenheid wat ware samesyn […]
Die Kaapse Klopse.
Die Kaapse Klopse. Almal in Suid-Afrika en veral Kaapstad is vertroud met die jaarlikse skouspelagtige Kaapse Klopse. Klopse is ʼn woord wat afgelei is van die Nederlandse woord: klubs. Die onmenslike gebruik van slawerny was ʼn wrede werklikheid wat in die Kaap bestaan het van 1653 af, in die tyd van Jan van Riebeeck se […]
my wonderskone Namib-woestyn (SILWER)
my wonderskone Namib-woestyn Namib-woestyn, geag as skynbaar die heel oudste woestyn op aarde in Nama-taal beteken Namib: ‘wye plek’ jou grense strek van Angola se suide as ʼn smal strook langs kuslyn af tot waar jou onderpunt eindig in Suid-Afrika reënval is ʼn luukse en baie skaars plant en dier oorleef op digte mis wat […]
Woorde-engel (Brons)
dit was ‘n Vrydagaand in Desember toe jy weg is na ‘n “beter plek” soos die mense sê wat wil troos maar al die mense se woorde kon my nie troos ek wou die Bomenslike sien soos Simba se Mufasa in die wolke of net ‘n wit duif of veer op my vensterbank maar daar […]
Dit is reeds Kersfees in my hart (Brons 574 Woode)
Sommer reeds vroeg in November het ek al ’n paar keer na Little Drummer Boy geluister en met aandgodsdiens sing ons reeds ’n paar gewyde Kersliedere. Die boom word net môre opgesit al is dit normaalweg eerste Desember nog ’n paar dae weg. Die winkels help verseker my Kersfees lus hierdie jaar aan met die […]
Wegstap gedagtes (goud)
Soms stap mense aan party draai om (soos Lot se vrou) ander gee net eenvoudig nie om nie ék stap maar net voort meeste medemense stap ook sommer net party van hulle is kompasfoos rigtingloos en bestemming gek my bure gaan nêrens nooit hul bly net hier jy het weggestap hy het ingestap ek was […]
Die prys van roem (660 woorde)
Droom ons almal nie maar van kleins af om eendag beroemd of ryk te wees nie? Om geken te word as iemand wat uitmuntend presteer? Heelbo aan die suksesleer te kan staan. Die beste te kan wees in wat ons doen. Te kan doen wat ons wil, wanneer ons wil, en te gaan waar ons […]
die diepte van vrede (SILWER)
die diepte van vrede as vrygekoopte kind van Hom het ons vrede op grond van Sy genade hoekom sukkel ons dan so om in, deur en met vrede te leef? so asof vrede vir ons weghardloop met onrus en geweld van wêreld so boos –word ons bombardeer kan dit dalk wees dat ons vergeet wat […]
klein oomblikke (Silwer)
soms raak my woorde min en moet ek skryfplek soek dan vul ek my digtershart se leë woord-fontein met die lewe se klein oomblikke tot dit bor’lend oorloop my woorde liries laat vloei en ek raak rustig aan die slaap gedig en skryf-lier in die hand
Die ontstaan van liriese poësie.
Die ontstaan van liriese poësie. As ek na mooi gedigte luister kry ek soms ʼn oorweldigende begeerte om te sing! Soveel is my waardering vir sonnette, elegieë en villanelle wat uitgeken kan word aan spel van klanke en sterk emosies. As jy na my aard, is jy sekerlik ook ʼn liefhebber van liriese poësie. Liriese […]