
my wonderskone Namib-woestyn (SILWER)
my wonderskone Namib-woestyn
Namib-woestyn, geag as skynbaar
die heel oudste woestyn op aarde
in Nama-taal beteken Namib: ‘wye plek’
jou grense strek van Angola se suide
as ʼn smal strook langs kuslyn af
tot waar jou onderpunt eindig in Suid-Afrika
reënval is ʼn luukse en baie skaars
plant en dier oorleef op digte mis
wat in vlae aanrol van die oseaan
heelwat plantspesies kom hier voor
en moes aanpas om hier te oorleef
in fel son en min water staan jul sterk
die welwitschia is ʼn eiesoortige plant
met slegs twee blare wat nooit
ophou groei nie – rooierig om die
hittige son te flous in droër weer
en effens groen in klam tye,
so help jy fotosintese aan
as ek saans onder sterrehemel lê
kom skryf ek vir jou ʼn liefdeslied
in die sagte woestynsand
verwoord ek my liefde vir die
Namib-woestyn: tydloos
verewig versot verlief op jou …
©Marlene Erasmus
29/11/2022
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2022- OOP projek