Verbrande brug
Met woord, daad en kyk (so bitter onverskillig) het jou hand oor swael getrek en waar eens ‘n oorloop was vertoon nou stom-verbaas slegs ‘n hopie as met een enkel daad is ‘n leeftyd se vertroue geskaad met een enkel woord ‘n galg gehang vir finale dood met een enkel kyk het vrede ontwyk my […]
Springbokwater
Dis hier hier waar die stilte verewig duur hier waar jy oor die vlaktes tuur hier waar jy diep kan teug aan die soel lug hier waar jy kaal gestroop kan staan van pretensie en eie waan hier waar jy jou siel kan vul met meer as net vars lug hier waar jy oor die […]
Verdwaal
My verdwaal lê anderkant die naat van my denke die misplaas van soveel verwarde, verdraaide wenke die sif van kennis (oor jare versamel) en my eie toegeskulpte geskenke toegedraai en weggepak vir eendag se oopmaak maar êrens het ek verdwaal geraak tussen gister en nou op verkeerde spoor beland en nou lê ek gestrand. ©Driekie […]
Heerser van die Woud
‘Ek moet met ‘n mens praat,’ dring hy aan. Ek loer vir die elf wat by die hek van die kasteel staan, nie seker of ek reg sien nie. Elfies kom nooit na mense plekke toe nie. Meesal omdat hulle verkies dat ons van hulle s’n wegbly. Net stilte ontmoet hom. Al die wagte bly […]
Takhaar
Takhaar Drie jaar terug daag hy op Ongenooid soos voëlpoef Sy beeld is rû, onafgerond Sy persoonlikheid opdringerig en reguit Vanaand daag hy weer op uit die niet Eers het ek sy Harley hoor dreun Hy rem, haal sy valhelm af, skud sy hare En daar sien ek weer my takhaarman Hy kou n vuurhoutjie […]
Ontvlug na jou rus
(brons) Ontvlug na jou rus Kan ek tog net vir ‘n oomblik ontvlug na daar waar my siel spoor in hemelse rus: veilig onder ‘n boom; knus versteek weg van moet en grootmens wreek nou dwaal my hart in gange van vergeet en drink bitter aan elke dag se leed en hang aasvoëlvoos teen die […]
Vryheid van sang
as sy nie mag vlieg nie, laat haar sing knip haar vlerke as jy wil of stel die grense geografies (maak die berge hemelhoog) of bou ‘n kou om haar uit stok of staal maar doof tog nooit haar stem nie laat haar lied hoër as die wolke styg en oor alle velde daal as […]
Binnevlug
Alleen by die huis winter somer eensaam in die donker gange vol vrees wat nagklanke herstil in die donker gange waar alles verdwyn in die donker gange met diknag kloue buite myself (met bloed op my hande en vuiste gebal) stap ek na môre stap ek verby gister stap ek ver weg deur velde vol […]
Op reis: Dag2; Beaufort-Wes
Vandag was lank. Alhoewel die rit minder uitputtend was, is ek vanaand teen die teer —wou selfs al omkap toe ek in die restaurant gesit en smul het aan my lam, slaai en rooiwyn. Dit is die tweede hoofete in ’n ry wat ek ‘n gedeelte van ‘n skaap verorber … ek sal weer môre […]
Arboretum
(goud) vir jou wil ek soos ’n houthuisie wees wat in varingvelde rus in die skadu van koel bome waaraan rooiwangpere hang met duiwe in die takke wat vroeg smôrens kanonkoer vir jou wil ek soos ’n houthuisie wees aan jou doringbaai se kus met malgasse wat huis toe kom en wit mis oor die […]