Op reis: Dag 1; Boshof
Die eerste aand was lekker. Whiskey in die voortuin … later skaapboud en rooiwyn met groente en aartappels (behalwe niemand het aartappels geëet nie want my boude raak dik daarvan). Die kuier was lekker. Gevul met geskiedenis, vandag se gebeure en voorspellings. Tussendeur maak hulle kind groot en ek gee raad. Ek hoop dit is […]
Oom Huilwa, Ta’ Brieka en die walvis
Ek gaan nou nie so ongeskik wees om te sê Oom Huilwal was lelik nie. Ek gaan maar net sê sy gesig was onnetjies. Dit het half gevoel of al die parte op sy gesig nie mooi gesit het waar hulle moes sit nie. Ek kan ook nie veel meer sê van Ta’ Brieka nie. […]
Op reis: Gepak
Op reis: Gepak My tas is gepak. My kosblik ook. Met ’n paar bottels wyn, crackers en grondboontjiebotter. En ’n paar perkses wat ek perongeluk op die winkel se yskasrak gesien het. Môre vat ek die pad. Dit is nie die eerste keer dat ek in my kar klim en so ver ry nie. Dit […]
Gebrande Rook
‘Die versekeringsmaatskappy het ons oor jou gewaarsku.’ ‘En tog is ons hier,’ antwoord ek, nie seker waarvoor hulle soek nie. Die rook vul alles; steek alles weg; wys net dele van die storie. ‘Wat is daardie reuk?’ vra die brunet en trek haar neus op terwyl sy deur die rook tuur asof sy iets kan […]
Op reis: Beplanning
Oor 8 slapies pak ek my kar. Ek alleen. Dan sal ek agter die stuur inklim en die sleutel draai. Die enjin sal aangaan met sy gewone brul. Die “rat” sal gemaklik van “P” na “R” gly (ja, ek ry ’n outomatiese kar, moenie my judge nie) en dan sal die wiele draai. Ek weet […]
Ligte
Sy droom in wit en swart. Dit is die enigste manier om deur ‘n dag op die kleurvolle mallemeule te kom. In haar drome is die wêreld in perfekte kontras. ‘n Wit-en-swart hoender kan selfs twee verskillende hoenders wees as die lig net reg val. Sy skrik wakker toe die swart kat wat haar drome […]
skemer
dit is skemer op my duin bewolkte weer maak dit so ongeduld en tweifel sny diep is tweifel ongeloof of menslik thomas is ‘n tweede kans gegun breek strale van versekering deur skyn lig op my duin en meeu skril sy plesier in makabere note uit lewe gaan voort in golwe van geloof en ongeloof […]
Korrels
Die oppervlak van hierdie uur het binne haar oopgebars en alles wat in haar rondgedryf het, het na buite gespoel haar lag, haar leed, haar liefde, sewe trane en ‘n halwe hart (jy was ook daar) met koue vingers het sy die flenters op ‘n hoop geskraap een-vir-een die skerwe deur die sandglas se mond […]
Blou Dinsdag
(goud) toe… het sy elke groot en klein verdriet in haar twee palms uitgegiet; dit fyn, en fyn, en fyn gemaal – soos duinesand wat aswit vaal haar hande sag tot vuis gemaak bo, waar die uurglas nounek raak en al die seer daarin laat loop met net een enkel, skrale hoop […]
Middernag se lawwe vers
O my liefste lief ek laat my woorde vir jou sing ek werp klippies op die water en laat die golfies na jou kring. Môre bring ek appels en soet rosyne (sommer net) en sê dalk vir die eerste keer hoe lief ek vir jou het. O my liefste lief as jou oë so na […]