Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Ontvlugting"(Bladsy 30)

vroeg oggend lê my duin grys toe geverf in mis kraaie soek hul nes meeue gaan maar sit op ‘n klam sand strand veraf dreun ‘n mishoring van ertsdraende leviatan ver bokant alles sweef my siel en sien berge blou berge in grys waterstrome natuur paleis ©Teárlach

Liewe maan, wie sal verstaan? Pienk vetervlegsels en wit satyn. Saggies dartel ek in Mozart melodieë; verloor my in die glybaan van jou dansvloer. Swaai ek en draai ek op die goue klank van jou middernag maanskyn. Geslote oë verberg die seer in my. Ek voel die sysagte vingers van jou silwer strale oor my […]

Jou oë wat skitter is net lig wat weerkaats van die trane wat diep in jou siel oor ‘n stukkende hart spoel en skuil agter maskers wat vrolik kan glimlag om dié wat net kyk en nie sien nie te flous en te paai as die lig voor die skaduwee wyk en die donker jou […]

Hunkering Op hierdie eiland tussen mense in die stil lawaai van stemmedreun is gedagtes afgesonder soos Jerusalem-melaatse stil alleen Die mensgedruis in lewens-see spoel soos skuim wat ritmies brander op die dagpols van wêreldklop My hartsverlange hunker na ontsnap en elke sinaps strek na plat frekwensies van leë ruimte waar stilte oor die veld vibreer […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed