Jongste aktiwiteit:

Maskers

Jou oë wat skitter
is net lig wat weerkaats
van die trane
wat diep in jou siel
oor ‘n stukkende hart spoel
en skuil agter maskers
wat vrolik kan glimlag
om dié wat net kyk
en nie sien nie
te flous en te paai
as die lig voor
die skaduwee wyk
en die donker
jou hart in sy
ysvingers vat
en jou oë
laat verdof
as jy soek
na die
pad…

© Anton Bosch 08/02/2019




1 Kommentaar

  • See-Jay-El

    Hierdie is 'n ontnugterende stuk werk. Mens kan nie anders as om stomgeslaan terug te staan en die realiteit van hierdie woorde te verwerk nie. Dit beskryf die ongelooflike harseer en pyn van iemand agter die "glinser" en glimlag. Vertel van hoe maklik almal om die persoon "gepaai en geflous" kan word. Die masker is 'n donker wegkruipplek vir die persoon se seer, maar dit voorkom ook dat lig die donkerte kan inkom. 'n Somber beeld wat die persoon amper afsluit van enige hoop. Maar is daar hoop in hierdie donker maskerwêreld? Ja die persoon "soek na die pad..." 'n Pad lei altyd na 'n nuwe plek. Die persoon weet daar is 'n pad, want sy soek daarna. Haar vasberadenheid om dit te vind is die sleutel tot vrywording, daarom die ellips aan die einde. Die besluit en uitkoms berus op haar reaksie. Anders as meeste van die skrywer se ander werke wat positief groei, is dit omgekeer hier. Dit begin met die lig wat buite sigbaar is en dan verdof van binne, maar loop uit op 'n nou punt wat miskien die begin van 'n nuwe lewe kan wees. Briljant, al is dit donker spreek dit tot elke mens wat die hartseer ken, maar gee ook rigting.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak