Mag daar altyd seevoëls wees
Mag daar altyd seevoëls wees
ek skryf vir jou ’n malgas
teen Lambertsbaai se blou lug vas –
’n omdraaivoël wat huis toe kom
na ’n lang dag oor die see
ek sweef meeue en sterretjies
en ’n kaapse kormoraan;
ek vlug vir jou ’n albatros
wat oor stormwaters baan
en as jou somerson vertrek
na ’n verre land se kus
bid ek vir jou ‘n tobie
wat teen ruwe rots en duine rus
© Carma Shaw
14 Februarie 2019
9:54
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Pragtige gedig Viooltjie