Slegs vir babas
lekker slaap my engeltjie die donker is nou hier daar buite word die hemelruim met sterretjies versier êrens speel daar feetjies en kabouters in die nag in jou soetste droompies sal jy hoor hoe hulle lag vergeet maar van die duiweltjies want pappa sal hul vang mamma sal hul stertjies knoop en hul aan doringtakkies […]
Hoogtyd
In my is ‘n bom tiek-tak-tiek-tok so loop hy vandag klop hy sag maar in hierdie nuwe jaar hermens ek myself. © 2019 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
hunkering
op met die twee-spoor pad deur ‘n droë mahobaspruit oor geel-bank uitgrawings verby groen soetdoringbome met pienk kelkie-blomme fees onder kameeldoring rustigheid draai en swaai om bokdraai deur turfkolle se deurtrap-gate links teen bulte op met spoed deur twee-paal plaashek poort langs aalwyne met rooi en geel tot agterplaas se sement stoep groen mielie-lande se […]
Dis wéér al (met apologie aan Jan F.E.Cilliers)
dis die blond, dis die blou dis die pimpel en pers dis ‘n woord-hou en ‘n hart-steek gesalf en gebind in my helende vers – ‘n purperkleed bo-oor die wreed dis al… © Charleine Collins 16 Januarie 2018
DONKER WÊRELD
DONKER WÊRELD In jou donker wêreld worstel drange en baie geld net soos bloedvloeiing in geweld bitter lewe maak jou ontsteld slegte gewoonte wees net sterk alles is beslis die moeite werd mense sal jou graag wil help staan op en wees ‘n held klaag jou sielslewe angsbewange en bewe mik na hoogtes in jou […]
Veg as die Vyand
Die hele kasteel bewe soos die deur tussen wêrelde oopgaan. Die ligte van die kandelare flikker en gaan dood. Neil hou dit alles sonder emosie dop; hy het dit als vantevore gesien. ‘n Gefluistery kom deur die oop deur. Fluisteringe van verraad. Fluisteringe van rugstekery. Fluisteringe van… Diane sug en hou op om te tik. […]
lyn natmaak
golwe slaan om my neer pêl staan net hier neffens netnou haak jy my effens altyd gereed om te leer swiepende wind ruk golwe skuins druk dit die vislyne nee jong daardie is myne bootjie wil deur see dolwe ruk, ruk my stok van elwe kap hom, katrol, ou maat dis al vis wat hier […]
Pols en Klank
Karre vleg ongeduldig deurmekaar, terwyl trokke, swaargelaai, kruie. Toeters blaas en hande beduie na die asprisse taxi wat bly staan. Dis ‘n ongemerkte halte waar hy wag, dat tydsame, ronde breë heuplywe wurgend tussen ander deur skuiwe en plomp tot rus kom langs die pad. Tussen skewe, manke huise saamgeflans uit sink en hout, verdwyn […]