Ligte
Sy droom in wit en swart. Dit is die enigste manier om deur ‘n dag op die kleurvolle mallemeule te kom. In haar drome is die wêreld in perfekte kontras. ‘n Wit-en-swart hoender kan selfs twee verskillende hoenders wees as die lig net reg val.
Sy skrik wakker toe die swart kat wat haar drome lastig val skielik groen oë kry.
Die skemer kamer is kat-vry. Sy kyk op na die muur oortrek met foto’s wat sy geneem het; almal van hulle in wit en swart. Daar was ‘n tyd toe foto’s haar tronk was. Nou is hulle haar behoud.
Haar selfoon helder op. Dis nog ‘n boodskap van hóm. Sy vryf oor haar oë en sug. Die lig vang die foto wat sy geneem het van haar vleierige man en die sosiale vlinder by die bal wat sy nie kon bywoon nie. Haar voete klop soos woede deur haar vloei.
Sy dwing haar moeë arms om haar weg van haar werkstafel te stoot. Sy sit die lig af en die vertrek word pikswart soos sy haar rolstoel by die gang af maneuver. Een dag wanneer sy heeltemal gesond en heel is, sal sy weier om ooit weer hoë hak skoene te dra. En sy sal wegbly van katte af. Dis juis daardie kombinasie wat haar in hierdie gemors beland het.
Nóg ‘n boodskap kom deur in gedemperde lig op haar selfoon. Nóg ‘n verskoning. Sy moes eerlikheid oor charisma gekies het.
**Brons klas.
4 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2019 projek