skemer
dit is skemer op my duin
bewolkte weer maak dit so
ongeduld en tweifel sny diep
is tweifel ongeloof of menslik
thomas is ‘n tweede kans gegun
breek strale van versekering deur
skyn lig op my duin en meeu skril
sy plesier in makabere note uit
lewe gaan voort in golwe
van geloof en ongeloof
versekering van Lig
sal alles oorbrug
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.