wat is mooi
i
tog net vlietende oomblik
een oomblik ‘n roos knoppie
dan ontpop dit in volle glorie
om net daarna te verwelk
in verlepte hopies blare
net ‘n paar vlugtige jare
in jeugdige vrolikheid
verander in middeljare
vermaer dan in plooie
met wyse pittigheid
in oog van die verkenner
lê dit opgesluit in glorie en glans
om altyd herroep te word
met kleur en geur uit geheue
onvergelykbare beelde-prag
mooi is daar om te geniet
wanneer dit daar is in sy glorie
wanneer dit juig en prettige lewe
wanneer dit lewe wek en strewe
wanneer dit lankal vergaan het
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.