Jongste aktiwiteit:

lewende duin

dit is dag op my duin
stille dag van rus, sondag
mense stap al denkend verby
kinders speel vrolik en bly

my duin is ‘n hawe vir my
waarheen ek kan gaan om te rus
skoene uit te skop en kaalvoet te vroetel
skoon wit see sand met koel golwe te voel

elke mens het ‘n duin nodig
daar waar rus iets anders word
waar gedagtes ongestoord sweef
waar jou siel los raak van jou lyf

ek kan huil ook op my duin
soms lag ek uitbundig en hard
mense kyk my snaaks aan en glimlag
gaan verby met koppe wat skud

kom ek telkens terug na my duin
vind ek myself, maar nie alleen
altyd toegevou in Sy kombers
van lewe, liefde en hoop

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed