As
Bewondering verander in afsku;
gesprekke draai om verwyte;
‘n groet klink soos ‘n vloek;
stiltes verbreek word
met sinnelose woordherhaling;
skouerskuur al aanraking is
en jou hart soos ‘n klip sak
na die bodem van niks voel.
Dan roep die weerkaatsing
van geluk op die oppervlak
van ‘n donker, diep see
en eskaleer lig in hoop…
LEWE
© CJ Laing – 02/03/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.