Jongste aktiwiteit:

Horeb (brons)

Die Here fluister in die stilte na die wind
vir die gehoorsames wat onregvoos en sonder ophou aan sy deure klop;
Hy roep met teer gesag die doodsgevange kind
om haar te bring na lewe, en vir dié wat klein is van begrip,
soos daardie ryk, jong man wat alles moes verkoop,
kloof hy oop die waarheid met geduld;
deur sy nuwe wet van liefde word ons deur ons skuld
sagkens eers verneder dan vervuld.

*onregvoos: moeg vir onreg
*doodsgevange: gevange gehou deur die dood
*klein van begrip: stadig van begrip, nie bewus van die groter prentjie nie

Na aanleiding van Adam Small se gedig “Jabbok”

Die Here breek die heup of breek die siel
van dié wat onvoorwaardelik met hom worstel dag en nag om hom te ken;
Hy trap ons tot gehoorsaamheid onder sy hiel
van liefde en geregtigheid, en dié wat hom moet sien
soos ons broer Saulus op die pad Damaskus toe
word eers met ál die skrik en lig versteen
maar dan stort sy genade om ons uit en slaan sy seën
ons blind vir die gevare om ons heen.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed