Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Slag van Vegkop

Deur Palet
Datum gepubliseer: 4 Maart 2019 Aantal woorde: 255 1197 Kere gelees 15

Soos ‘n stowwerige gloeilamp brand die seile teen die hang
swart kom die gevaar met hoë spronge aan
rys bewende hande in die lug in gebed en gesang
gevul met vrees en angs!

Soos ’n dreigende donker wolk
skuim spiese blitsend deur die lug
met onwrikbare geloof ‘n hemelse’versoek omhoog
Here, wees genadig!

Hoor die gedreun van golwende pyle
hoor hoe dit teen die seile breek
wanhoop laat hulle harte inmekaar knoop
Here, dis die einde!

Met geloof begin die swerwer skiet
met eggenoot getrou aan sy sy
vlugsand die vyand terug na sy land
Die vlaktes in!

Soos ‘n swart see lê dooies afgemaai
Word bymekaar gemaak ‘n berg van spiese
God se genade was oor man en roer
Juig, voor die Here!
Juig, al wat leef!

Hemelse versoek:
Vlugsand:

VEGKOP [ Totius]
Bleek blink die seile vèr teen die hang,
swart kom die kaffers met driftige drang,
bewend omhoog rys gebed en gesang—
o so bang!

Donkre gevaartes dondrend temet,
blitsende flitse van pyle gewet,
borend na bowe die skietgebed:
Here red!

Hoor die gebruis teen die wawiel aan!
Hoor die geklots oor die seile slaan!
Sug van vertwyfling die boesem ontgaan:
Heer, dis gedaan!

Vas lê die roer in die trekker se hand,
fluks hou sy vrou aan sy syde stand,
weg vlug Kalipi weer na sy land—
vêr oor die rand!

Swart lê die kaffers: blom van die heir;
„Samel by hope die vyand se speer!
God het geseen man en geweer!
Sink dan terneer!
Hom sy die eer!”




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    4 Maart 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2019 projek

  2. Ronel Janse van Vuuren

    7 Maart 2019

    Pragtig!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 435
Kommentaar telling: 357

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 258 gaste aanlyn

Bydraes – Argief