van iewers
laas nag se donder en blitse vanoggend se mistige weer vanmiddag se son wat skyn iewers moes alles ontstaan waar koue en hitte vermeng skommel wind en dra dit aan oor lengte en breedte van land word kwaad en goed gestook party word verbruik of negeer ander kry voete en wil regeer iewers word daar […]
Self bespieëlend
Die skeefloop van krappies kan ʼn mens nog verstaan maar skeelheid van ogies staan ‘n mens mos nie aan en die miskyk deur ons van ons naaste se leed is die liefde-gebod wat ons dikwels vergeet
van vas haak
sweef meeu weer vanoggend sy swiepende tog neem hom oor deinende golwe wat strand toe mik sonder enige inspanning lig hy homself oor sproei van wind-perde wat vrolik spring sy eensame vlug raak ‘n wysie in solosang met hier en daar ‘n skerp skreeu geluid so asof hy vas haak en herstel so haak mens […]
seemeeu sug
hoe bly jy vrolik my hart as almal om jou huil in smart treurig suig windjie deur gange eensaam brom kransduif vir oulaas oortjies uil swiep neer uit sy hoë nes uit wit geverfde huisies kom musiek glinster liggies soos biggelende trane oor deurskynende wit gordyne wat alles daar binne verklap daar is nog vreugde […]
NAWEEK: Teenstand
Teenstand Dis seker al eeuelank dat mense van oraloor na Duitsland kom en hulle hier neerlaat — om te werk, om te bly, om hul kinders ‘n beter kans in die lewe te gee – uit watokal vir redes. So het baie van ons bure Slawiese name. Nie net die vlugtelinge en „Heimkehrer” (treugkerendes) na […]
kerstyd hartseer tyd?
wonderlike geluide van golwe seevoëls en kinders wat baljaar vakansietyd begin vroeg vanjaar kinders wat sandkastele dolwe eergister is grysbokkie omgery hy was daar waar hy altyd wei so ook ou skillie se dop plat gery mensdom wat uitbreek en bevry heel jaar se spanning opgebou vind uiting in onnosele vergryp een fout na ander […]
induksie
in barensnood buig die koei op haar hurke sak sy en bloei purgasie gegee met houtlepel luide klokkespel sonder klepel geradbraakte moeë gemoe gehoor heelwat blitse van flitse wat breek moeë agterstewe wat winde kweek kombersgevoude vrouens sing koor afrika word uitgestal en oorvertel papparatzi sing oeh! ah! op alles redakteurs tel dollars op wit […]
saluut vir ‘n vegter
stadig kom ruiter deur bosse stewige trippel-draf wit hings maanhare waai lewend gespits effense runnik-proes teen gewig versigtig oor klippe van stroom trap hy en drink neusdiep water stap dan voort met nat stiegriem en stywe toom wat sy kop ophou oorkant begin hy weer draf-gallop viere wakker hoogtrap pas versnel ruiter hang half skeef […]
stilte
ons moet kan stil word êrens tussen gedagtes duisende gedagtes mallemeule van dialoog oor bekommernisse soos geld, kinders, besluite en werk almal smag na sielerus wat verkry kan word uit oomblikke van stil-wees perspektief kry orde herstel soos ‘n blom in stilte oopgaan en dagbreek in stilte – soos chopin vertel het: “Die note op […]