
van vas haak
sweef meeu weer vanoggend
sy swiepende tog neem hom oor
deinende golwe wat strand toe mik
sonder enige inspanning lig hy homself
oor sproei van wind-perde wat vrolik spring
sy eensame vlug raak ‘n wysie in solosang
met hier en daar ‘n skerp skreeu geluid
so asof hy vas haak en herstel
so haak mens soms vas
en sê nie wat hy wil
voor dit te laat is
dan is die plek
geleentheid
verby
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
So 'n absolute waarheid dat later soms te laat is... en baie dankie vir die herinner!