Glinster-skroei die pynvlam
Gooi uurglassand
uit op die strand
voel jy verlore in die gedruis
skryf nuwe beloftes oor die skewe woorde
Hoor jou hart roep
stil in jou gemoed
staar na die eindelose nag
verlang na die brandende son
Op die vloer van jou lewe
op die rigting van jou pad
om jou voete waar jy staan
in die sterreprag
glinster- skroei
die pynvlam van vandag
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.