
Gekoester in God se liefde
Voel God se liefde
in leegvoel oomblikke
in moeilike tye
in hierdie kersfeestyd
Nooit sal Sy liefde kraak
al probeer die bose magte om dit te breek
al probeer die hartseer jou onderkry
kan Hy soveel deur jou vermag
Gee al die eer
aan ons Hemelheer
Hy sal jou duisternis
met helderheid inkleur
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Net maar 'n onverdiende wonderlike versekering hierdie koestering wat jy so woord-dig saamvat!