Huisie van hout
Nes ‘n huisie van hout
diep in die woud
versteek tussen digte bome
weg van oë wat loer
Net so is my hart
aanmekaar getimmer
met spykers
van smart
Versteek in ‘n wêreld
weg van hier en nou
diep in digte kou
waarin ek dit hou
maar binne brand
‘n vuur wat hitte straal
en al bedreig dit die hut
is ieder daarin snoesig beskut
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.