NAWEEK: Teenstand
Teenstand
Dis seker al eeuelank dat mense van oraloor na Duitsland kom en hulle hier neerlaat — om te werk, om te bly, om hul kinders ‘n beter kans in die lewe te gee – uit watokal vir redes. So het baie van ons bure Slawiese name. Nie net die vlugtelinge en „Heimkehrer” (treugkerendes) na die wêreldoorloë nie. Na die steenkool- en ystermyne aan die Ryn het hulle in die neëntiende gestroom . . . En hul nasaat het gebly. En hul name, of Pools, Oekrains, Russies, Tsjeggies of hoe ook al.
Kurt Tucholsky het van sulke mense afgestam en was een van die vooraanstaande denkers aan die begin van die twintigste eeu.
Van hom kom die volgende spteukwoord:
Niks is moeiliker en niks verlang meer karakter nie,
as om jou in ope teenstand met jou tyd te bevind
en hardop te sê: Nee!
18e.Desember2017≈≈≈≡≡≡≡≡☼☼☼≡≡≡≡≡≈≈≈≈≈__________tje
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.