Jongste aktiwiteit:

SMS

’n Blaar het geval. ’n Herfsblaar soos jou boodskap.

Die herfswind het hom losgeruk van sy stingeltjie en hy het tollende, wiegend met die son wat goud glim deur sy rand, af gedrentel voordat hy saggies, soos ’n gedagte, soos die asemhaling van ’n baba op die donker water land. Die rimpelings het byna onsigbaar uit gekring en toe weer verdwyn.

Die wind het die blaar eers stadigies in die rondte laat draai en toe begin skuif na die skaduwee van die brug waarop ek staan. Ek het die soet en klam van die blaartapyt geruik.

En daar waar die blaar onder die brug verdwyn, het ek die weerkaatsing van my gesig gesien – ’n refleksie van my op die donker misterie van die water.

Jou boodskap: ‘Vandag verlang ek na jou’, het soos hierdie blaar saggies op my hart kom val en sy rimpelings op my refleksie gesirkel.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed