van iewers
laas nag se donder en blitse
vanoggend se mistige weer
vanmiddag se son wat skyn
iewers moes alles ontstaan
waar koue en hitte vermeng
skommel wind en dra dit aan
oor lengte en breedte van land
word kwaad en goed gestook
party word verbruik of negeer
ander kry voete en wil regeer
iewers word daar lyne getrek
word daar besluit : niks meer
weerpatrone verander en wissel
soos kinder-tande op sy tyd maak
reën val wyd en syd en soms niks
wispelturig lyk dit vir die mens
maar Wysheid het Sy eie wysheid
weer mag wissel maar Wysheid nie
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.