Die Donker Muse
Die oomblik toe hulle die Oniks Labirint binnetree knik Ruhan vir haar en gaan sy eie weg. Daphne gee nie om nie. Die tyd wat sy saam met hom spandeer het om die Feetjie Katte te jag en Kaye aan die dood af te staan was nie een van haar beste herinneringe nie. Hulle het […]
IS DIT DIE MOONTLIKHEID?
Is dit die Moontlikheid? In ons tyd, in ons kultuursirkel, hier in Europa is daar seker skaars nog iemand wat nie van die mag van die wetenskap oortuig is nie. Ons word reeds die een geslag na die ander opgevoed in die wete dat die wetenskap die probleme oplos waaronder die mensheid ly, dat die […]
donderslag: HONDESLAAN en STOKKESOEK
HONDESLAAN en STOKKESOEK ‘n Roomse priester in Duitsland is sy amp onthef omdat hy na bewering met die kinders in sy bewaring onsedelik sou omgegaan het. Later kom aan die lig dat die bewering van ‘n man sou gestam het – sonder dat hy daarvan weet – wat veertig jare gelede ‘n pak slae of […]
Onthou
Soos die verlede die hede bepaal bepaal dit ons geheue. Ons denke ons drome, beeldetuin van lewensweë. Waar sou jy gewees het sou jou geheue tot niks vervlou? Wie sou ek gewees het sonder dit wat ek onthou?
OOR BYBELVERTALINGS
Bybelvertalings — In die lopende gesprek oor bybelvertalings kom by tye die begrip interpretasie voor. — In ‘n radiosending het iemand gemeen dat dieselfde retoriek van 1933 en 1983 weer aan die oppervlakte dryf: — „Ek is ‘n besondere bybeltaal of -styl gewoond (Moses het mos Nederlands gepraat, hoekom nou Afrikaans?).” Of – „Hulle skryf […]
TEENOORGESTELDES SAAMBRING
Teenoorgesteldes saambring [Wat hier volg, het ek opgestel om ‘n tweegesprek tussen ‘n gelowige ateïs en ‘n oortuigde Christen in gang te set; dis ‘n verwerking in Afrikaans van die gedagtes wat ek jare gelede eers duits neergeskryf het. tje] ✽ Beste vriend en kollega, tussen ons twee lê klaarblyklik ‘n kloof insover ek alte […]
*Die hiefel en die fiefel (en gekriewel)
Sing jy van blomme? ‘wyl die vuurfeeks die septer oor ons reënwoude swaai Haar vlamme verleideidik om die fynbos en Kannabas draai? Tot daarvan net as oorbly! Droom jy van ń kammalandse tannie? Vol plooipleister en vullers met lemoenronde kurwes en ń lyf wat jou selfbeeld ń hupstoot sal gee maar eintlik net jou geld […]
Blinde liefde
Jy oorval haar met grashalms Hy dra regte blomme aan Jy bou vir haar ʼn lugkasteel Hy gee vir haar ʼn huis Jy vee haar drome uit Hy kleur dit met waarheid in Hy tel die stukke op as jy haar hart flenters breek Jy floreer op lus Sy liefde is opreg Hy aanbid haar […]
Êrens in NAMAKWALAND
Êrens in Namakwaland Op die poskantoor „Ja, meneer Bosman, dis dan sewe-en-twintig Rand ses-en-vyftig. Ons rond op op sestig.” „Dankie meneer Kumalo. ‘n Kwitansie asseblief.” „Seker. Totsiens en groete aan die vrou en kinders, hoor.” „Dankie. Ok so. ‘Siens!” „Goeie môre. Ek wil hierdie pakkie na oorsee stuur. Is daar…” „Sorry Sir, you must talking […]
Donderdag: MY VRIEND KROHN
Donderdag: MY VRIEND KROHN „My vrou het die naweek haar suster gaan besoek, en die Saterdagnamiddag was uiters vervelig; toe gaan ry ek deur die veld en woud van die Lünebürger Heide agter Hamburg,” sê my duitse vriend Krohn. Êrens het hy op ‘n dorpie koffie gedrink, koerant gelees, sigarette gerook. Nou vind in Duitsland […]