BESOEK te PERD
BESOEK te PERD In ‘n bergdorpie êrens in die Alpe kom op ‘n Vrydag in somer ‘n vername man op ‘n perd aan, en almal kom uit hul huise en huisies om te kyk: Só ‘n mooi perd! En: Súlke mooi klere! En: Só ‘n mooi hoed! En: Súlke blink stewels! En: Só ‘n sterk […]
Verkragte kultuur.
Kulturele rassisme is soos om rassisme te verskuil. Dis ‘n dwaling van ‘n regsdenkende sienswyse. Verkragting van ‘n hele kultuur leefwyse, soos as vertroue geskend is, beteken jammer niks. Verskuil in ‘n manifistasie van ‘n verdeelde denkwyse.
Resensie: Die film, KRUISWEG
Die film, KRUISWEG In elke rooms-katolieke kerk is die „Pad van Lyding” van die Heer afgebeeld. Dit is in die vorm van veertien tafelbeelde of vlakskulpture wat langsmekaar aan die muur hang. Die gang van Pontius Pilatus tot die graf. Dit begin voor naas die altaar en loop na agter, sewe prente met passende bybeltekste […]
Resensie: IDA, die film
IDA, die film Pole 1962: Die noviëtin, die aspirant-non Anna, is agtien en wil haar geloofde aflê en in die kerk opgeneem word, daar roep die abtesse haar in haar kantoor. Sy word aangesê om haar tante te besoek alvorens hulle haar opneem. Anna die weeskind, is as babatjie in die klooster afgegee, het agtien […]
‘n Amper Klou en Byt Afskeid
Ek hardloop die trappies af agter hom aan. Ek kan nie dat die liefde van my lewe sommer net so weggaan nie. Die simpel gat in die sypaadjie wat ons al lankal moes toegemaak het stop my deur amper my enkel te breek. Ek kom swetsend tot stilstand en kyk op. My enkel klop; ek […]
E-pos vir jou
In die maanskyn sien ek jou staan onder ‘n sterrehemel vol bloeisels, omring deur muskiete in ‘n baan wat om lig streep in wilde sirkels. Jy versamel al die blink silwer sterre en diere leef en speel met jou koms, jou nabyheid bring vrede en ‘n belofte wat harte vul met vreemde storms. Van dag […]
Volg die stemme
Sweef verbeelding, in jou ewige vlugte; reik na die onbekende, onaantasbare, wêrelde van verlede en hede se lewe; jy laat my liggaam bewe, vreeslik bewe. As jy te ver heen wil vlieg verbeelding, saam met ‘n onding wat hom opdring terwyl hy sy valse liedere aan jou sing; onthou, droom kan ook ongeluk bring. Vlieg […]
Resensie: EN DAN DIE REËN, die film
EN DAN DIE REËN, die film „500 Jare Onreg in 100 Minute”, het ’n filmkritikus dit genoem. ’n Spaanse filmgeselskap wil ’n film oor Christoph Kolumbus in Bolivië draai. Dit moet ‘n ware daarstelling wees, en sal ondermeer die swakhede en booshede van die man en sy tyd aan die dag bring. Daarvoor het hulle […]
2017
Is dit eers as ritmiese refleksies van die lewe rookseine uit jou asemsnare ruk; dat die werklikheid tasbaar raak wanneer woorde bloei oor jou wese – geskandeer tot klankbedrog in waaigras. Is dit eers as simpatie vereenvoudig in simmetrie; woed deur die klankbaan van wat jy voel dat jy die reuk van realiteite sien rym […]
Vir ‘n kameelperd
Hoe vry was jou gestalte toe jy deur grense breek. Teen elke oggend wat oranje, bly jou beeld nog vas gesteek. © Carma Shaw 24 Julie 2017