Jongste aktiwiteit:

2017

Is dit eers as
ritmiese refleksies van die lewe
rookseine uit jou asemsnare ruk;
dat die werklikheid tasbaar raak
wanneer woorde bloei oor jou wese –
geskandeer tot klankbedrog in waaigras.

Is dit eers as
simpatie vereenvoudig in simmetrie;
woed deur die klankbaan van wat jy voel
dat jy die reuk van realiteite sien rym
is dit dan dat pennehouer en skedel woorde kweek?

Of was dit toe
die dobbelsteen sing en die wiel draai
dat jy jouself vind in die agterruimte
van jou (on)bewuste donker dimensie
waar niemand jou onsigbaar kan tas
waar net jy (alleen-een) staar na die geraamtes in jou kas.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed