Sluit die Plek
in stad geboue lê kaste vol gister beplanning diagramme sweet gemerkte bewyse van swaar werk. kollegas eers belangrik nou verskonend een een in vuil hoek kantore rawe wat wag op stukkies werk. alleen in hoeke agter groot werk tafels sit fosiele op swaai stoele beheer die reining van argiewe. werkers vee deur leë gange reis […]
Woonstelle
Altyd beter om hoogste te wees al is hoër reeds hoog. mure, vensters alles dieselfde die ego van die boonste is al verskil. stilstaande lego mannetjies beweeg steriel vul hul leegtes in trae ritme.
luisterpos
ver bo op ‘n klip krans is daar ‘n holte in ‘n skeur sitplek vir net drie mense verberg van meeste oë bedags word die grens bespied snags is dit ‘n luister pos vir beweging beweging van onwettige insypelaars wat snags oor die grens wil sluip daar gelaat vir drie dae tot ‘n week met […]
Hoofkwartier
besoek die kwartier van gekoopte smaak verpak in oormaat, in die sale van Salomo. die gesag sit gemaklik met die wete dat kleiner varkies tevrede uit plastiek tieties drink. onkunde verpak in geskende pakkies koffie eie waarde vervou in sagte leer sitplekke.
Skarrel
vliegtuie kou swaartekrag deurdie wind met boeppens mae wat dreun oor elke kruin geskei van alles behalwe eie geraas. mense in menige pixels kleure krabbel vir slim foon sleutels in eindelose menu’s vir ń droom bestaan tot alles in choas vermeng. kan ons kolletjies pas in dese kas?
Beste Gedagtes
gee hulle koek sê Antoinette in verbasing oor hoe mense honger voor haar deur kom plaas. koop beste meel gesuurdeeg met beste wil sonder kennis bly die honger knaag. rook wolke bol uit bande boude dans ń oorlog dans die hulp is onvanpas tydelik en te min. gegewe vryheid is net stof tatoos op jou […]
Verlore Ontwikkeling
die pad deur lae inkomste huise styl teen ń bult, meer krotte in geplooide grondpad. water skif suspisieus teen die kant met die reuk van gisteraand sjebien. kinders hardloop lag saam vir vandag se baviaan wat beplan vir teer konkreet toilet pype ń swembad in die koue klimaat.
nederlandse tulp
soos ‘n suiwer windjie het sy uit die noorde gekom klokhelder het haar stemmetjie die landskap kom sny en verander elke gedagte verryk en gekleur nederig en onskuldig eerlik herskep sy die ruimtes van musiek en tone mag haar stem altyd oor ons landskap sweef ©Teárlach (Vir: Amira. 20/09/2020)