Afrika Dreun
Afrika dreun in bas stemme mooi diep. vroue styg bo die warm klank in naakte Afrika.
Eerste Reën
die veld lê skrampies onder ń dun gaatjie kombers swart stekel knopies oop bruin vuil vlekke stukkies wol oor droë grond. die helder blou vergrys honde blaf in die wind jaloers reën val dankbaar vir die ruik hoop op buurman se plaas. wolke wind dans swaai wit rokke in disco ligte wat flits dan plof […]
Dennebos In Afrika
die dennebos staan mooi gespasie minimalistiese versier met ‘n bruin mat. ‘n bietjie groen dood Steriel. dan bars dit oop ruigte dik en hoog Wit hout Geel hout Swart hout wat sing saam in Afrika.
VINCENT VAN GOGH – MAL, OF BITTER ALLEEN?
Dis laat-laat in die aand en iemand deel die liedjie Vincent, dalk beter bekend as Starry, starry night. Behalwe dat dit mos ‘n hartroerende mooi lied is, is dit so al asof die woorde so ‘n soort van ‘n krapperigheid in die keel veroorsaak – so al asof jy skielik so half moet kug-kug om […]
visuele leuens
soms is my duin gestrem gaan daar vae beelde verby wanneer lae mis oor golwe sak sien my verstand net die boodskap in gister se glinsterende see en strand daardie mislukte werklikheid kom voor ook wanneer ek na mense-beelde kyk mooi gesigte wat dalk blinkend lieg alles wat mooi lyk is dalk geheue terugblik na […]
Beleggings
wesens beleggings is verewig in DNA so verwikkel en ook verbaster… met ń rak lewe van ń vrot tamatie! onttrek van kompleks beleggings in kop en rak dis te swaar om voorraad te bou.
Gedagte Van…
Gode Mense Diere Dinge Klippe Stof geeste, gode, waarde beginsels dryf in diep stiltes wat waarheid bedreig met onseker wins. in biologiese vierde en vyfde geslag in markdag analiese herkou ons verwarende waarhede, met verskonings as wins. ingeteelde DNA wetenskaplik meganies bepaal onvoorwaardelike waarhede met gewig as wins. dinge lê oral rond wat gou vergaan […]
specials
hou die advertensies dop waar is kos die goedkoopste vandag kos botter soveel môre is dit dalk meer hoe lank wag jy vir operasie is daar dalk ook ‘n special iewers nie maklik nie nê, daai dokter betaal nog aan sy porche op my duin is daar specials dinge wat slegs een keer gebeur wanneer […]