Jongste aktiwiteit:

visuele leuens

soms is my duin gestrem
gaan daar vae beelde verby
wanneer lae mis oor golwe sak
sien my verstand net die boodskap
in gister se glinsterende see en strand
daardie mislukte werklikheid kom voor
ook wanneer ek na mense-beelde kyk
mooi gesigte wat dalk blinkend lieg
alles wat mooi lyk is dalk geheue
terugblik na iets van lank geleë
na aanleiding van, glipse van
aktiewe onderbewuste
wat jou dalk verkul
vee jou oë skoon
en kyk dalk
nog een
keer

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak