Toentertyd se grootmaak proses
kindertyd ingesink was gehoorsaamheid
maniere, selfrespek en integriteit
het ons geweet wat van ons verwag word
respek was vasgepen in die brein
die waarheid ingewortel in die siel
want ons was mens van mense
onthou dinge wat nooit verlore sou raak nie
soms ook het hartseer goed gekom
en die siel geruk tot stilstand
storms wat oorkom moes word
maar van opstaan het ons beslis geweet
waar die liefde diep blywende aksies vorm
diep menswees van kinders wat groot word
siels verdiep was ons binne perke
van elke les wat jy moes leer
om by die grootmenswêreld in te pas
kinders moes gesien wees
maar nie gehoor word nie
skoen hou jou by jou lees
kinders hoort nie in die geselskap nie
dit was van kleins af vir jou vertel
die liefde het gesiëvier
aan ouers wat met sorg getugtig het
elke les was ń dure lesse
wat tot vandag sin maak in ons lewens
vandag word daar waarde geheg
aan toentertyd se grootmaak proses
@ Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek