Jongste aktiwiteit:

Namibnes (goud)

Nes vir my ‘n bietjie vrede in jou hart
‘n rusplek wat my kan skans
teen gister se omwaaiwind
‘n plek soos in die holte van jou arm
waar alles om my net om ons draai.
Sing vir my met jou soet stem
en woorde sonder taal
in die vroeë oggendure:
“Goeiemôre my sonskyn,
goeiemôre my kind.”
of nes my sommernet toe in jou hart
in sagte ewigsoene vol donsies
wikkel my styf teen jou rug vas
Sodat ek nie weer sal uitval
elke keer as jy omdraai nie
want ek het gesien hoe lig weg kan kwyn
hoe oggenddou verdamp uit ‘n Sandhof lelie
ek ken ook die voetpad vanaf Sonop tot in Mariental
en ‘n halfhart wat kierieloop
tussen kalkklip paaie
saam met korhaan en koringkrieke.
Ja, bou vir my ‘n versamelnes
in die hoogste takke van jou siel
‘n plek waar ek in skadu’s kan sit
of kan leef
nes alles om my.
© Caren Kearley
Kopiereg voorbehou



1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed