Titel: Wees van my wees (Brons)
Deur Elizabeth

wees,
my vlees
vlamkers waskombers
om my naakkoud toegevou,
my kaggelvuur
waardeur hartklopdans se knetterbrand
wintergees buite hou,
my rooiwyn
in warm-aar verleiding
tot my dor(s)weesglas vol vloei,
in verlangekyk kindverstout
hartspoor na buite
in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
ons beskore
ek vra jou
bloot
wees …
Elizabeth
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2022 Winterlandskap projek