Jongste aktiwiteit:

aan niks (en aan ‘n Maandag)

En toe het die stilte gekom.

Haar houthuis se deur het sy toegetrek,
die paadjie afgestap
en die hek agter haar gesluit . . .

(die laatmiddagson
het sy agter heinings gelos
om vir oulaas te vlam
oor daisies en laventelbos)

. . . in haar motor geklim
en huis toe gery (in vrede).

En aan níks gedink nie

aan niks –
en aan ‘n Maandag
(in Meimaand)
‘n lang, lang tyd gelede

© C. Shaw
11 Mei 2015




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak