Jongste aktiwiteit:

ZELDA HFSTK 3

Paul sit agter die kroegtoonbank toe Zelda n halfuur later haar verskyning maak in n vrolike rooi rokkie, die soom so bietjie meer as handbreedte bokant die knie en wat elke lyn van haar liggaam beklemtoon.
Die swart hare tuimel soos watervalle op haar skouers neer en het sy n bloedrooi roos in die hare.

Toe sy agterkom hy kyk vir haar draai sy n slag vinnig in die rondte wat die rok so effens laat uitklok en vra sy: “En toe is ek mooi genoeg vir jou meneer”.

Paul gryp na sy bors en laat n lang wolwefluit los: “Waow, jy is absoluut pragtig verby”.

Zelda kom sit voor die kroegtoonbank en die rokkie skuif so effens op terwyl sy bene kruis.

“Nou toe ou grote, gooi vir ons daardie dubbeltjie. Sien jy het die ligte op dof gestel, die wolf wil seker die atmosfeer so romanties moontlik maak mmmm. Ek moet sê ek is mal oor hierdie pragtige kroeg van jou en die instrumentale musiek wat jy in die agtergrond speel dra baie by tot die atmosfeer”, sê Zelda.

Terwyl Paul hulle drankies ingooi vertel Paul meer oor sy kroeg: “Ek het dit spesiaal laat maak van ou spoorweg dwarsleêrs. Die grasafdakkie het ek toe laat opsit en die twee groot geraamde fotos is fotos wat ek self geneem het van die jagluiperd wat die bok in die boom inleep en die groot manhaar leeu”.

Klaar ingegooi neem hulle hulle glase op en stel Paul n heildronk op hulle in: “Op ons toekoms en ons besigheid se sukses noudat jy hier is”.

Albei neem n slukkie en dan vra Paul: “Vertel my van Zelda as mens’.

Hulle neem weer hulle glase op, neem n slukkie en dan antwoord Zelda: “Ek is n warm romantiese mens, groot kontakmens en baie lojaal. Ek hou van rustige musiek en is maar n huismens, nie n party animal nie. en jy Paul hoe tipe mens is jy?”.

Hulle neem weer die glasies op vir n slukkie: “Ek is presies dieselfde as jy Zelda, ons kan mekaar dus pragtig aanvul dink ek”, is Paul se antwoord terwyl hy sy hand oor die kroegtoonbank stoot en op hare hand sit sonder dat sy haar hand wegtrek.

Nog so met sy hand op hare praat Paul verder: “Zelda hierdie is nou ons altwee se huis en wat die besigheid aanbetref wil ek graag sien dat jy dit as jou besigheid ook beskou. Ons gaan dus heeltyd in mekaar se geselskap wees en ons moet die beste daarvan maak”.

Zelda neem weer n slukkie en spring daar duisende dansende duiweltjies in haar donker oë op: “ek is seker ons sal want meneer sien mos in my n lewensmaatjie op die pad vorentoe”.

Paul stik amper maar kry haar tog geantwoord: “Soek jy dan nie n lewensmaatjie nie mmm”.

Die glase is leeg en skink Paul nog n rondte. Toe hy weer Zelda se glasie vir haar aangee antwoord sy: “Ja ek doen Paul. My grootste begeerte is om n kind van my eie te hê wat ek die liefde kan gee wat ek in my lewe nooit gehad het nie en deel van daardie liefde sal n standvastige pa wees”.

Hulle neem n paar slukkies in stilte en dan kruip hulle hande weer oor die kroegtoonbank na mekaar toe. Hierdie slag sluit hulle hande ferm en hou albei van die aangename gevoel wat deur hulle vloei.

Paul is die een wat die stilte verbreek: “Ons moet vanaand n besluit neem Zelda. Ek weet ons ken mekaar maar net vandag maar ons is ook nie meer kinders nie en speeltyd is eintlik vir ons verby. Ons moet besluit of ons van die begin af in n verhouding wil ingaan waarin ons kan kyk of dit werk tussen ons”.

Zelda gee Paul se hand n drukkie: “Ek stem saam met jou Paul. Ek was nou agt jaar van my lewe in n leerskool saam met n ou man waarin ek nie werklik gelewe het nie en nou wil ek lewe. Ja ek wil in n verhouding met jou ingaan. Kom ons gee onsself ses maande. Daarin sal ons sien of dit sal werk tussen ons of nie. As ons sien dit gaan nie werk nie gaan soek ek vir my ander blyplek want dan moet ons mekaar vry laat om n lewensmaat te gaan soek”, en met hierdie woorde leun Zelda oor die toonbank om Paul n piksoen te gee.

Terug op haar plek kyk Zelda Paul ernstig aan: “:Paul daar is net een ding wat ek jou moet sê. Ek het myself beloof dat ek nooit my liggaam aan n man sal gee voordat ek getroud is nie. As daar n romanse tussen ons begin ontstaan sal daar seker meer fisiese kontak tussen ons wees wat verlangens en hunkeringe in ons sal los maak. Help my net om daardie belofte teenoor myself na te kom”.

Paul gee haar hand n drukkie: “Dit is reg so met my Zelda. As dinge tussen ons uitwerk sal dit die beloning vir die wag wees”.

Hulle glasie is leeg en sit hulle nog so hande in mekaar. Paul begin haar meer oor homself vertel. Hy vertel haar dat sy ouers nog leef en dat sy pa n spoorweg pensionaris is wat op Kroonstad bly. Hy vertel haar dat hy n broer en n suster het, sy suster is met n speurder getroud en sy broer is ook ongetroud.

Ingedagte neem Zelda haar leë glasie op met haar ander hand nog steeds in Paul se hand: “En jy ou grote, was daar dan nog nooit n vrou in jou lewe nie”.

Vir Zelda lyk dit of Paul so veraf uitdrukking in sy oë kry: “Jy sal dit tog by my mense hoor as jy hulle ontmoet. Daar was jare gelede. Haar naam was Lisa, pragtige blondekop. Ons het mekaar een aand op n funksie ontmoet en was dadelik hals oor kop verlief. Ons het begin saam bly maar het sy op my uitgestap met n ander man toe ons op troue gestaan het”.

Paul swyg n paar oomblikke en vertel dan verder: “Dit was vir my n bittere slag toe ek terug gekom het van n foto toer af en net n briefie in die huis gekry het dat sy vir iemand anders lief geword het en saam met hom weg is. Ek het daardie aand n belofte aan myself gemaak, nooit weer n vrou in my lewe nie”.

Zelda gee Paul se hand n drukkie: “Is daardie belofte nou vergete ou grote”.

Paul glimlag toe hy antwoord: “Tyd heel wonde Blommetjie. Sy is deel van die verlede en dit is tyd om aan te beweeg. Dit is hoekom ek gevra het vir n inwonende dame. Ek het gehoop om n dame van my ouderdomsgroep te kry en dat daar dan iets daaruit kan ontwikkel”.

Paul staan op, stap om die kroegtoonbank en trek Zelda aan haar hand op. Kom ek gaan wys jou iets daarbuite. Saam stap hulle hand aan hand by die agterdeur uit onder die blou hemel met die volmaan wat laag teen die horison hang.

Paul wys na die aandster: “Blommetjie vir n jaar lank vra ek die aandster om vir my n maatjie te bring en kyk hoe knipoog die die sterretjie vir ons. Ek dink hy sê vir my dat my maatjie gekom het”.

Zelda sit haar arm om Paul se lyf en gee hom n drukkie: “Oor drie maande sal ons weer hier kom staan en vir die aandster kyk. Dan gaan jy vir hom sê dat jou maatjie gekom het of dat hy weer moet soek. Kom ou grote ek dink dit is slaaptyd”.

Hand om die lyf stap hulle die huis binne en voor Zelda se kamerdeur steek sy vas en gee Paul n piksoentjie op die wang: “Nag ou grote lekker slaap en mooi drome droom”, en daarmee verdwyn sy in haar kamer in.

Zelda is een van daardie wat haar hele lewe lank dagboek hou vandat sy in die hoërskool gekom het. Haar dagboek is haar vriend waarin sy haar diepste gevoelens altyd neerpen Nadat sy haar nagklere aangetrek het trek sy haar dagboek nader en begin skryf in haar netjiese handskrif:

“Liewe dagboek. Wat n opwindende dag. Ek het toe kom aansoek doen vir die werk en dit gekry. Sjoe dagboek maar die man is aantreklik. Ons het vanaand lank gesels en glo dat as jy wil, hy is op soek na n lewensmaat. Ek het hom gesê ons moet drie maande gee dan sal ons weet of ons bymekaar pas of nie. Dagboek ek hoop van harte dit werk uit. Ek wil nou trou en n kind hê. Jy weet mos hoe hunker ek na n kind van my eie wat ek die liefde kan gee wat ek nie in my kinderjare nie gehad het nie. Ek wil ook nie n ou vrou word en alleen in die lewe wees nie so dagboek jy moet saam met my hoop dat dinge tussen ons uitwerk.

Ja ja dagboek ek moet eerlik wees, die man laat my hart bokspring en vlinders in die maag kry maar jy mag nie uitpraat daaroor nie hoor”.

Zelda maak haar dagboek toe en klim in die bed om dadelik aan die slaap te raak nadat sy haar dagboek gebêre het.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

11 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed