
Trekpad (Slot)
Trekpad (Slot)
Ek sien nog lugspieëlings waaruit bekendes wink
en eendag sal ek daardie newels ingaan dink
ek terwyl ek in Tyd se wagkamer sit gewis
nie my afspraak met geliefdes te mis—
Maar eendag sal ek waag en die dorslandverlange
oorsteek, die rugsak los, en veerlig vreesloos gange
van daardie ontwykende fata morgana instap bedag
op geliefdes wat daar wag,
dan ingehaak voortstap op ‘n ander trek
in ‘n wonderwêreld wat uitstrek
oor ‘n ewigheidslandskap en nooit weer terug trek
na ‘n lewe van droogte se ellende en gebrek—
Ek gesels maar net want al die verlange se wroeg
laat wens jou die afspraak kan vervroeg—
Die las van verlange se swaar albumsak dra
kan my rug nog ‘n tydjie verdra—
Heer dis Janetta – Helena,
ek het maar net verlang na
pa en ma—
Janetta Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hartroerend mooi tannie Babs!