
Baksjisj
Baksjisj
Ek staan dankbaar
voor my Vader as sy kind
en ontvang sy genade daagliks
verniet uit Sy vaderhand want
Sy seun se lewensbloed was
die hemelse kwitansie daarvoor
en ek hoef nie daarvoor te bedel
en daagliks baksjisj te staan vir
Sy genade en my daaglikse brood
deur sware arbeid verkry nie,
want Hy gee dit net so goed vir
Sy beminde in die slaap
sê die Psalmis—- (Ps 127: 2)
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Amen op hierdie lieflike gedig tannie Babs!