Jongste aktiwiteit:

Sê nou …

sê nou daar was ‘n pragtig’ tuin
waar feëtjies en kabouters woon
waar almal altyd gelukkig is
en Koning Sprokie troon

sê nou daar was blomme
wat altyd in massas blom
en skoenlappers in elke kleur
wat sing terwyl hul nader kom

sê nou daar was ‘n plek
waar ek jou vir myself kon hou
waar feëtjies saans met sononder
‘n liefdeskombers om ons vou

sê nou daar was iewers
waar geluk vir ewig bly
as ek soek, sal ek jou vind?
sal ek jou dan daar kon kry?

© borrels




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed