Wit kalmte
Bo die asuurblou lug
waar verblinde bleekwit wolke dryf
vlieg majestieuse swane
op ‘n verre vlug
Waar die heide groei
en die lelies bloei
soek die stil kolletjie
diep in my siel
na wit kalmte
Hou my net styf vas
my hart sit diep binne jou
immer honger
so bitter diep verlang
6 Kommentare
-
-
Kiekies
Bravo! Applous vir hierdie pragtige gedig!
-
Anze
hierdie is diepvat woorde.. PUIK Palet!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Eduard Smith
Keurig. Kyk: majestieuse