Wisselkind
Wisselkind
Op ‘n dag het ek rond gedwaal en
geval binne die blaaie van ‘n sprokie-verhaal.
‘n Volmaakte prins het my hart kom steel
en saam gevat na die skatkis in sy sprokie-kasteel…
Vir lank was die sprokie volmaak;
‘n Super-nova van lig in die duisternis –
Tot een dag wat jy verdwyn het en
‘n vreemdeling in jou plek kom staan –
Volkome die skadu-kant van wie jy was.
En steeds, na al die tyd brand dieselfde
vraag soos ‘n flikkerende neon-lig:
Wie en wat het my volmaakte liefde
gesteel en kom vervang met die
donker-kant van ‘n fee-verhaal se prins?
3 Kommentare
-
-
Anze
Ek is mal oor hierdie Wisselkind... diep gedagtes uiters mooi vasgepen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Eduard Smith
Ek dink dit is ´n goeie vers wat ongelooflike baie potensiaal toon. Ek wil ´n paar vrae vra, nie as kritiek nie, maar net sodat jy ook daaroor kan nadink: 1. Hoekom sou jou vers Wisselkind genoem word? Is dit omdat die ´prins´ van persoonlikheid sou verander? En is dit dan juis gepas? Wisselprins? 2. Sprokie word baie (veral in die eerste strofe) herhaal. Jy kan sinonieme soos: verhaal, fabel, storie, vertelsel, en selfs verdigsel gebruik. 3. Die hoofletters ná die aandagstrepe is onnodig. Ek dink jou idee in die gedig is pragtig, en jou aanbieding is beduidend talentvol. Antwoord gerus hierop anders gooi sommer ´n inboksie. Groete Eduard