
troje
ons volk
mense staan vir hul volk
soms meer as vir hul God
boere geskiedenis leer baie
twee vryheidsoorloë met volk
ingeslote joiners verraaiers
vaste eenheid van boervolk
verraai vanuit hul eie laer
geskiedenis herhaal self
sodra eenheid kom
is daar trojaanse perde
vooropgestelde definisies
waarvolgens geheime volkslede
deel word aan ‘n nuwe bestel
een moet dit sweer – ander dat
almal word met valksoë beskou
niemand te vertrou – wat van jou
jy wat die snare pluk van jou lied
jou trojaanse eie ek verkondig
watter hebsug verskuil in jou
waar is jou geloof vandag
jy wat almal wat voor
jou gekom het verguis
kruisig op sensasie-kruis
geen politikus te vertrou nie
wie sal ons dan kom lei
boere mense wat nog glo
wanneer sal onbeduidende
mannetjie opstaan om te lei
dalk nie in ons tyd nie
al wat nou daar is
is die Een wie
nie trojaans
kan wees
Jesus
van
Nasaret
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.