Jongste aktiwiteit:

Tuine

fyn tuine
in optimale bemeste grond
blom onder fyn sproei water
omsoom groen gekondisioneerde grasperke
waar alles daaglikse goeie sorg vereis
om die blomkant voor te hou

growwe tuine
het een styf toe agterdeur kraan
op die stofgrond grasperke staan karre
en kaallyf hoenders bemes die jaart
al groen is een blou bloekomboom
om die blinkkant voor te hou

vet tuine
is in lappe grys styf saamgepak
wat geduldig stil staan in wilde wind
met hier en daar ń wit hondedrol
die grys aalwyne is al groen
om ń skramsmooi voor te hou

tuine omring
almal se tuistes
gesigte is paadjies uitgetrap
maskara kleur wel alle velle anders
maar onder loop die rooi bloed dieselfde
van mense wat net die beste voor wil hou

© Koos Elsum




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed