prewel
amper onhoorbaar
kom die klanke uit
dit is volbring
so finaal en eg
voor hemel en aardse reg
staan woorde uitgespel
waar engelekore sing
mense vir altyd probeer
om hallelujas uit te bring
op ewige note van melodie
wat maar net nie wil verweer
Sy naam vir altyd vereer
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.