Jongste aktiwiteit:

Die versteende son

Die versteende son (Goud)

onder die sirkels van die songloed
in die vlamrooi van die aalwynblom
het jou emosies oop en vry gelê
terwyl die dieptes van jou kyk
die landskap in groen laat bot

daar waar die duine hulle kruise trek
en die doringbome hul skadu’s los
het die tyd stil gaan staan
onder die omhelsing van jou mond

die hoeksteen van jou asem
het my boupilaar geword
waar jou kaalvoetspore
versteen het in tyd

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed